Volkswagen Suid-Afrika het aangekondig dat die vyfde model in sy sportnut voertuig-reeks binnekort hier beskikbaar sal wees.

Die T-Roc sal hom by die T-Cross, die Tiguan, die Tiguan Allspace en die Touareg aansluit, en aanvanklik sal die reeks uit twee modelle bestaan. Die bekendstelling van die T-Roc is ‘n gevolg van die toenemende vraag na sportnuts voertuie; dié segment het die afgelope vyf jaar met 44% gegroei en internasionale kenners glo dat die segment vir kompakte sportnuts voertuie met die helfte sal groei binne die volgende vyf jaar. Die T-Roc se bekendstelling volg minder as ‘n jaar na dié van die T-Cross.

Volkswagen is tans besig om die grootste aantal modelle in sy geskiedenis bekend te stel, en sy modelreeks word uitgebrei met die toevoeging van die eerste modelreeks in hierdie spesifieke marksegment. Die T-Roc pas tussen die T-Cross en die Tiguan in die reeks en bied verskeie keuses vir dié wat hul voertuie ‘n eiesoortige voorkoms wil gee, asook toon-aangewende bestuurs-hulpmiddels, die vermoë om op verskeie maniere met die wêreld in verbinding te bly, ‘n moderne reeks enjins en ‘n byderwertse ontwerp wat ‘n sterk indruk maak. Die Suid-Afrikaanse reeks sal aanvanklik uit drie modelle bestaan, naamlik die 1,4 TSI 110 kW Design, die 2,0 TSI 140 kW 4 Motion Design en die 2,0 TSI 140 kW 4 Motion R-Line. Die bekendstelling van die T-Roc lui ‘n nuwe era vir model-benamings in; ingevolge die nuwe Y-struktuur sal die intreemodelle in twee weergawes beskikbaar wees om aan verskillende behoeftes te voldoen. In die T-Roc se geval sal die Design gemik wees op die koper wat op soek is na ‘n meer stylvolle koper terwyl die R-Line eerder byval sal vind by diegene wat in ‘n meer sportiewe spesifikasievlak belangstel.

Aan die voorkant van die T-Roc is ‘n breë sierrooster met geïntegreerde kopligte wat hom selfs in die nag uiters sigbaar sal maak. Die lyne van die silhoeët word beklemtoon deur ‘n chroom-element wat van die A-pilaar tot die C-pilaar strek en aan dié van ‘n koepee herinner. Die veldryvoorkoms word versterk deur donker plastiek-awerking op die wielboë en die kante wat die bakwerk beskerm. Die agterstamper se ontwerp is baie dieselfde as dié van die voorstamper en beklemtoon die motor se sportiewe voorkoms nog verder. Die T-Roc sal een van die eerste modelle in Suid-Afrika wees wat met Volkswagen se nuwe kenteken sal spog. Die T-Roc sal die eerste sportnuts voertuig in Volkswagen se Suid-Afrikaanse reeks wees wat met ‘n tweekleur-bakwerk beskikbaar sal wees. Die dakgedeelte sal die A-pilaar en die buitespieëls insluit. Vir die Design-modelle sal dit in swart, wit en rooi beskikbaar wees, en daar is verskeie kleure om van te kies, wat maak dat kopers uit altesaam 26 kombinasies kan kies. Daar is 21 verskillende kombinasies vir die R-Line beskikbaar. Die Design kry 17-duim Mayfield-allooiwiele as standaard toerusting, met Montego- en Grange Hill-allooiwiele, albei 18 duim, teen ekstra koste beskikbaar. In die R-Line se geval is Suzuka-allooiwiele van 19 duim standaard toerusting. Die T-Roc word op die Golf se MQB-platform gebou; hy is 80 mm langer as die T-Cross en 162 mm korter as die Tiguan. Met vyf insittendes is daar bagasieruimte van 445 liter, terwyl ‘n platvoubare agtersitplek met ‘n 60/40 verdeling hierdie syfer na 1 290 liter vergroot.

Die binnekant spog met Volkswagen se Active Info Display wat, saam met die inligting-en-vermaakstelsel, ‘n digitale en interaktiewe omgewing moontlik maak. Die Design se paneelbord is in grys afgewerk, maar daar is ‘n keuse van drie kleure vir dié wat iets anders wil hê. Die R-Line het ‘n grys paneelbord as standaard toerusting. Die Design se beligting is wit en dié van die R-Line rooi. Die T-Roc sal die Composition Media-inligting-en-vermaak stelsel en App Connet as standaard toerusting hê. Daar is ‘n raakskerm van agt duim met twee USB-kragpunte in die middel van die konsole. App Connect maak dit montlik om ‘n slimfoon te koppel; dit stel die eienaar in staat om slimfoon-toepassings van die raakskerm af te gebruik. Die opsionele Discover Media-stelsel maak dit onnodig om die slimfoon deur middel van ‘n USB-kragpunt te koppel. Navigasie is opsioneel beskikbaar. Die We Connect Go-stelsel koppel die voertuig aan die eienaar se selfoon; daardeur kry die eienaar inligting soos voertuigdata, inligting oor die naaste of verkose Volkswagen-handelaar en ‘n ritboek vir belasting-doeleindes. Daar is ‘n volle digitale instrumentepaneel opsioneel beskikbaar; dit stel die eienaar in staat om die vertoonpaneel na gelang van behoeftes aan te pas.

Onder die veiligheids-kenmerke wat standaard toerusting is, is stabiliteits-beheer, parkeer-sensors, ligdiode-kopligte, ‘n blindekol-monitor en ‘n sensor wat bespeur wanneer die bestuurder moeg is. Benewens al hierdie kenmerke is daar ook ‘n aantal wat opsioneel beskikbaar is, onder meer hulp in ‘n verkeersknoop, voorborts-waarskuwing, baanhou-hulp en aanpasbare spoedbeheer. Die noodassistent wat standaard toerusting is, gebruik verskillende vorme van tegnologie om die bestuurder in noodsituasies by te staan. Die stelsel wat voetgangers bespeur, werk saam met die voorbotswaarskuwing en gebruik twee sensors voor aan die voertuig om inligting van die voorkant van die voertuig te kry. Wanneer ‘n hindernis bespeur word, word ‘n hoorbare en sigbare waarskuwing aan die bestuuder gestuur. Wanneer omstandighede dit toelaat, kan die motor ook gerem word. Die baandwaal-waarskuwing, wat standaard toerusting vir die R-Line is, word deur middel van die veelfunksie-stuurwiel geaktiveer en werk teen snelhede bo 65 km/h. Wanneer die bestuurder sy of haar baan verlaat, is daar nie net ‘n hoorbare waarskuwing, maar die stuurstelsel tree vanself in deur die stuurwiel te laat vibreer en self te korrigeer.

Die Design-modelle se standaard toerusting sluit onder meer die volgende kenmerke in: klimaatbeheer, die Composition Media-inligting-en-vermaakstelsel, die We Connect Go-toepassing, stembeheer, lidgiode-agterligte en parkeer-sensors voor en agter. Die R-Line voeg onder meer die volgende by: voorbots-waarskuwing met sensors wat voetgangers bespeur, baandwaal-waarskuwing, ligdiode-dagryligte in die voorstampers, sleutellose toegang en Vienna-leersitplekke. Onder die opsionele ekstras vir al die modelle is ‘n panoramiese sondak, ‘n asbak en sigaretaansteker, ‘n elektroniese trekstang, ‘n Discover Pro-navigasie-stelsel met ‘n skerm van 9,2 duim en ‘n Beats-klankstelsel.

Twee enjins sal van die begin af beskikbaar wees. Die 1,4 TSI-turbo-petrol enjin lewer 110 kW teen tussen 5 000 en 6 000 opm en wringkrag van 250 Nm teen 1 500 opm. Hierdie enjin sal aan ‘n Tiptronic-ratkas gekoppel word. Die 2,0 TSI-enjin, wat aan ‘n sewegang DSG-ratkas gekoppel word en die 4 Motion-vierwiel-aandwywingselsel as standaard toerusting bied, lewer 140 kW teen 6 000 opm en wringkrag van 320 Nm teen 1 500 opm.

Die T-Roc sal gerugsteun word deur ‘n waarborg van drie jaar of 120 000 km, ‘n diensplan van vyuf jaar of 90 000 km en ‘n waarborg teen korrosie van twaalf jaar. Die 1,4 TSI Design en die 2,0 TSI R-Line sal in November 2020 beskikbaar wees en die 2,0 TSI Design in Januarie 2021. Aangesien die wisselkoers deesadae uiters wispelturig is, sal pryse eers later aangekondig word.


Find That Used and New Cars And Vehicle for Sale

Used Cars and New Cars for Sale 

5 New Cars Under R3 000 p/m

Sell Your Vehicle


 

Onlineautos
Author: Onlineautos